Skrywersfokus

Ingrid Wolfaardt

Biografiese inligting

Ingrid Leonie Wolfaardt is in 1960 in Oos-Londen in die Oos-Kaap gebore. Sy word groot in Oos-Londen en die Paarl. In 1977 matrikuleer sy aan die Hoër Meisieskool La Rochelle. Sy voltooi haar Beeldende Kunste-graad aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1985 behaal sy ’n honneursgraad in Kunsgeskiedenis aan Unisa. Sy was van 1992 tot 1999 die voorsitter van die Kaapse Vroueforum. Dit is ’n organisasie wat onder beskerming van Unifruco, die nasionale bemarkingsorganisasie vir die sagtevrugtebedryf, ontstaan het.


In 2001 het sy begin met haar MA-graad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad onder leiding van Etienne van Heerden. Haar roman, Heartfruit, wat in 2008 verskyn het, is die produk van haar MA-graad wat sy in 2006 verwerf het.

Het jy geweet?

Die werktitel van Heartfruit was eers Orion Heart. Die naam Heartfruit is afkomstig van ’n Suider-Afrikaanse boom, Hymenocardia acida, wat hartvormige vrugte dra.

Boeke steeds in druk

Heartfruit, Human & Rousseau (2008)

Lys van publikasies

Prosa
2008 Heartfruit, Human & Rousseau

Uittreksels uit resensies

“Wolfaardt se vrouegerigte perspektief op die grensoorlog is beslis ’n vonds, net soos Riana Scheepers destyds ook dié mangesentreerde sfeer binngeskryf het. […] Ingrid Wolfaardt kán skryf. Sy het ’n onderhoudende vertelstyl en ’n mens wil lees tot die einde om te sien hoe die storie en die kwessie van grond en grondbesit ontvou.” – Marius Crous oor Heartfruit, Boeke-Insig (2009)

Tuisblad

Boeke deur hierdie skrywer

Heartfruit (ePub)

Skrywerslys

  • Bladsy
  • 1 |
<< | >>