Skrywersfokus

Linda Joubert

Biografiese inligting

Linda Joubert is die skuilnaam wat Henriette Grové (1922-2009) in die sestigerjare gebruik het vir haar meer populêre verhale.

Hester Henriette Grové (Venter) is op 26 September 1922 in die distrik Potchefstroom gebore. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Gimnasium op Potchefstroom en studeer aan die destydse Potchefstroomse Universiteitskollege. Sy is in 1945 met die letterkundige A.P. Grové getroud en hulle het eers in Pietermaritzburg en toe in Pretoria gewoon.

Sy skryf aanvanklik verhale wat in Die Huisgenoot, Die Taalgenoot, Die Brandwag en Sarie Marais verskyn. In 1947 begin sy onder die skuilnaam Linda Joubert te publiseer, onder meer die gewilde Meulenhof se mense. In 1957 verskyn Kwartet waar van haar kortverhale saam met MER, Elisabeth Eybers en Ina Rousseau verskyn. In 1966 ontvang sy die Eugène Marais-prys vir al haar dramawerk, en ’n jaar later word sy met die CNA-prys en die WA Hofmeyr-prys vir haar kortverhaalbundel, Jaarringe, bekroon. Sy word twee keer met die Hertzogprys bekroon – eers vir drama in 1981 en daarna vir prosa in 1984.

Henriette Grové is op 15 Desember 2009 in Pretoria oorlede.

Het jy geweet?

Meulenhof se mense is tot ’n TV-reeks verwerk en dit is in 1980 uitgesaai.

Boeke steeds in druk

Die laat lente, Human & Rousseau (1962, 2009)
Meulenhof se Mense
, Human & Rousseau (1961, 2008)

Bekronings

Eugène Marais-prys (1966) – Al haar dramawerk, onder meer Halte 49 en Die goeie jaar
WA Hofmeyr-prys (1967) – Jaarringe
CNA-prys (1967) – Jaarringe
Hertzogprys vir drama (1981) – Ontmoeting by Dwaaldrif en al haar ander dramatiese werk
SAUK-prys (1981) – Ontmoeting by Dwaaldrif
CNA-prys (1983) – Die kêrel van die Pêrel
Hertzogprys vir prosa (1984) – Die kêrel van die Pêrel
WA Hofmeyr-prys (1984) – Die kêrel van die Pêrel
CNA-prys (1990) – In die kamer was ’n kas

Lys van publikasies

Linda Joubert:

Prosa
1961 Meulenhof se mense (roman)
1962 Die laat lente (roman)
1962 Roosmaryn en wynruit (kortverhale)

Kinderboeke
1948 Die verlore skoentjie
1950 Bimbo en Prins

Henriette Grové:

Prosa
1957 Kwartet (met MER, Elisabeth Eybers en Ina Rousseau)
1966 Jaarringe (kortverhale)
1971 Winterreis: drie vertellinge
1983 Die kêrel van die Pêrel of Anatomie van ’n leuenaar (novelle)
1989 In die kamer was ’n kas (roman)

Drama
1958 Die goeie jaar (hoorspele)
1959 Die glasdeur (hoorspele)
1962 Halte 49 en twee monoloë (radiodrama)
1965 Die onwillige weduwee of Sybrandus Saliger: ’n kunsmatige klug in drie bedrywe (verhoogdrama)
1975 Toe hulle die Vierkleur op Rooigrond gehys het (verhoogdrama)
1980 Ontmoeting by Dwaaldrif (radiodrama)

Uittreksels uit resensies

“Die roman is oorspronklik in 1961 gepubliseer en dit bly ʼn lofwaardige teks: beheersd geskryf en met subtiele toespelings op die konvensies van sowel die liefdes- as die belydenisroman.” – Joan Hambidge oor Meulenhof se mense, LitNet (2008)

Boeke deur hierdie skrywer

Meulenhof se mense Meulenhof se mense (ePub) Laat Lente (ePub)

Skrywerslys

  • Bladsy
  • 1 |
<< | >>