Skrywersfokus |
 |
Tryna du Toit
Biografiese inligting
Die bekende romanskrywer Tryna du Toit (die skuilnaam van Catherina Charlotte Kotzenberg née du Toit) is op 13 Januarie 1910 op De Aar in Noord-Kaap gebore. Sy verwerf in 1930 haar onderwysdiploma aan die Wellingtonse Opleidingskollege waar sy tot 1932 skool hou. Sy skryf haar eerste roman (onder haar skuilnaam en nooiensvan) na sy reeds met Willem Kotzenberg getroud en haar drie kinders – Gustav, Wilhelm en Anna – reeds volwasse is.
In haar leeftyd is meer as 40 romans en 12 omnibusse gepubliseer met romans soos
Wag ’n bietjie,
Die erfgenaam van La Provence en
Donkerpoort. Haar roman
Groen koring wat handel oor die (destydse) omstrede onderwerp van tiener swangerskap, is in ’n rolprent (getiteld
Debbie) verwerk. As gevolg van sy kontroversiële aard is die rolprent tydelik verban. Haar laaste roman
Net soos ’n arend laat sy op 81 jarige ouderdom die lig sien.
Tryna du Toit sterf in 2005 op 95-jarige ouderdom na ’n jaar-lange koma. Sy laat haar seun, Dr Gustav Kotzenberg na.
Boeke deur hierdie skrywer |
 |