Skrywersfokus

Annemari Coetser

Biografiese inligting

Annemari Coetser is op 29 September 1945 in Durban gebore. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Indwe in 1962 en het 'n Laer Diploma in Biblioteekkunde by Unisa verwerf. Sy gaan werk in Bloemfontein en woon later ook in Amerika en Namibië, maar meestal in Pretoria. Annemari werk vir 'n lang tyd as bibliotekaresse en begin in die 1980's kortverhale in tydskrifte publiseer.

In 2006 verskyn 'n aantal van haar kortverhale saam met drie ander skrywers s'n in die bundel Viersprong. Annemari se roman, Oop Kaarte, was 'n finalis in Sanlam/Insig se Groot Romanwedstryd. Dit is in 2007 gepubliseer. Haar tweede boek, Langverlof, het in 2008 verskyn. Langverlof was in 2009 in die filmkategorie op die kortlys vir die M-Net Literêre Toekennings. Dit was ook in 2009 'n finalis vir 'n ATKV-woordveertjie in die kategorie liefdesromans.

Vlis met Vlerke, 'n jeugroman, verskyn in 2010 by Tafelberg. Dit word in 2013 vir Gr. 7 se kurrikulum vir Afrikaans Huistaal, sowel as Eerste Addisionele Taal, aanvaar.

In 2012 publiseer Lapa Uitgewers haar roman Die Kamer Langsaan.

Daar verskyn tans gereeld kortverhale uit haar pen in tydskrifte soos Rooi Rose en Vrouekeur.

Sy hou daarvan om te reis, is 'n ywerige fotograaf, fliek graag en is totaal verslaaf aan lees. Sy en haar man, Paul van Helden, woon in Pretoria.

Het jy geweet?

– Nege van Annemari se kinderverse is opgeneem in die Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheepers.


Boeke steeds in druk

Vlis met vlerke, Tafelberg (2010)
Aan die windkant, Tafelberg (2009)
Langverlof, Tafelberg (2008)
Oop Kaarte, Tafelberg (2007)

Lys van publikasies

Prosa
2007 Oop Kaarte, Tafelberg
2008 Langverlof, Tafelberg
2009 Aan die windkant, Tafelberg
2010 Vlis met vlerke, Tafelberg

Bloemlesing
2006 Viersprong, Sewe Kleure Boeke
2009 Nuwe Kinderverseboek, Tafelberg

Uittreksels uit resensies

“Coetser skryf met ’n lekker pas en die storie verloop verrassend oorspronklik vir ’n Afrikaanse liefdesroman. […] As jy ligte vakansieleesstof soek, moenie ’n tree verder in die rigting van ’n Engelse boekrak beweeg nie.” – Irna van Zyl oor Langverlof, Boeke-Insig (2009)

“Tog lees die boek maklik en dit kan lekker vakansie-ontspanning verskaf. Veral die twee hoofkarakters se menslikheid is so oortuigend en aangrypend dat die meeste lesers aanklank by hulle behoort te vind.” – Alida van der Westhuizen oor Oop Kaarte, Die Burger (2007)

Boeke deur hierdie skrywer

Vlis met vlerke Vlis met vlerke (ePub) Aan die windkant (ePub) Langverlof (ePub) Vlis met vlerke (Skooluitgawe) (ePub)

Skrywerslys

  • Bladsy
  • 1 |
<< | >>