Skrywersfokus

Madeleine Malherbe

Biografiese inligting

Madeleine Malherbe is die skrywer Eleine Roets se doopname, en skuilnaam. Sy is gebore in Pretoria, maar haar kinderjare bring sy deur op Vanderbijlpark waar haar pa die Yskorfabriek help stig het.

Sy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en werk jare lank tot en met haar aftrede gereeld in WNNR se biblioteek in Pretoria.

Sy het eers laat in haar lewe begin skryf, deels uit liefde vir die Afrikaanse taal, en het reeds ’n paar kortverhale en ligte romans gepubliseer. ’n Lied vir Chablis verskyn in 2000 by Human & Rousseau en ’n Plekkie in die hart by Lapa in 2002.

Liefste Strooipop
(2004) was haar eerste liefdesverhaal by Jasmyn, en in 2006 het haar roman ’n Tweede kans vir Thelma verskyn.

Boeke deur hierdie skrywer

Sonpad na Zanzibar  (ePDF) Sonpad na Zanzibar (ePub) Ontmoet my in Patong (ePub) Yskoue, vuurwarm liefde (ePub) Engeltjie met vlerke (ePub)