Skrywersfokus

Chanette Paul

Biografiese inligting

Chanette Paul is op 20 Oktober 1956 in Johannesburg gebore. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Ermelo en in 1977 verwerf sy ’n BA-graad aan die PU vir CHO. In 1978 slaag sy haar Hoër Onderwysdiploma in Bloemfontein en in 1982 ’n BA Honneursgraad aan Unisa. In 1988 behaal sy ’n MA-graad met lof aan die Randse Afrikaanse Universiteit. Chanette publiseer sedert 1995 gereeld liefdesverhale. Haar werk verskyn ook dikwels in Sarie, Rooi Rose en De Kat. In 1996 ontvang sy die Perskor-prys vir romantiese fiksie vir haar eerste roman, Maalstroom van ekstase.

Sy woon op ’n klein dorpie langs die Suidkus, en haar groot passies in haar lewe is skryf, lees, skubaduik en haar wit persiese kat, Vasti.

Het jy geweet? 

· Haar roman, Leila word lig (onder die naam Chanette Paul-Hughes), is ’n uitvloeisel van haar meestersgraad in skeppende skryfwerk onder leiding van Etienne van Heerden aan die Universiteit van Kaapstad.
· Haar roman, Wip van die droomvanger, is in 1999 op die kortlys van die ATKV-prosaprys. Leila word lig was in 2006 op die kortlys vir die ATKV-prosaprys.

Boeke steeds in druk

Chanette Paul Omnibus 4, Tafelberg (2009)

Bekronings

Perskorprys vir romantiese fiksie (1996) – Maalstroom van ekstase

Lys van publikasies

Hygromans
1996 Maalstroom van ekstase, Perskor
1997 Woestynliefde, Perskor
1997 Leerskool van die liefde, Perskor
1997 Eiland van begeerte, Perskor

Romans
1998 Vlerkaf, Perskor
1998 Wip van die droomvanger, Perskor
1999 Bittersoet wals, Perskor
1999 Rots van liefde, Perskor
2001 Legende van die liefde, Jasmyn
2002 Chanette Paul Omnibus 1, Jasmyn
2002 Liefde in laventel, Jasmyn
2002 Geld wat krom is, Human & Rousseau
2003 Oerdans van die liefde, Jasmyn
2003 Die goue vreugde: ’n keur uit jare se leesgenot, Lapa
2003 Vlerke vir ’n visvrou, Lapa
2004 Krinkels in die maan, Fleur
2004 Perlemoenmaan, Jasmyn
2004 Fynbos vir ’n feeks, Satyn
2004 Troupant, Jasmyn
2005 Toorliefde, Satyn
2005 Op soek na ’n held, Lapa
2005 Tamara, Romanza
2005 Porselein van staal, Lapa
2005 Leila word lig, Human & Rousseau (as Chanette Paul-Hughes)
2006 Willemien, Romanza
2006 Annabella, Romanza
2006 Deborah, Romanza
2006 Isabelle, Romanza
2006 Maryn, Romanza
2006 Fleur, Romanza
2006 Chanette Paul Omnibus 2, Jasmyn
2007 Chanette Paul Omnibus 3, Jasmyn
2007 Springgety, Lapa
2008 Fortuin, Lapa
2009 Chanette Paul Omnibus 4, Jasmyn

Kortverhale
1999 Vlerke van goud en ander liefdesverhale, Van der Walt

Uittreksels uit resensies

Leila word lig is die resultaat van ’n meestersgraad in skeppende skryfwerk onder leiding van Etienne van Heerden en toon merkwaardige vooruitgang op Chanette Paul se vroeëre liefdesverhale en Perskor-romans. Die baie belowende nuwe blaadjie wat omgeslaan word, word ook weerspieël in ’n nuwe skryfnaam.” – Gretel Wybenga, Beeld (2005)

Tuisblad

Boeke deur hierdie skrywer

Labirint Labirint (ePub)

Skrywerslys

  • Bladsy
  • 1 |
<< | >>