Skrywersfokus

Elsa Hamersma

Biografiese inligting

Elsa Hamersma woon die grootste deel van haar lewe in Pretoria en Johannesburg maar in 2000 verhuis sy en haar man, André, Kaap toe en deesdae woon hulle op Jakkalsfontein aan die Weskus dig teen die see.

Skryf is haar daaglikse tydverdryf en die wyse waarop sy uitdrukking gee aan die stories wat in haar kop broei. Mense, en hulle ware verhale, is ook ’n konstante bron van inspirasie – soms so raar dat dit nie vir fiksie aangebied kan word nie. Skryf, vermoed sy, is nie ’n keuse nie. Karakters en stories wat in jou kop draai, dring daarop aan om vertel te word! Gelukkig is dit haar plesier en voorreg om agter haar rekenaar in te skuif en gehoor te gee aan hierdie eis. Deur die jare het sy ’n pryswennende jeugboek, tydskrifverhale en talle liefdesverhale gelewer.

Sy debuteer in 1995 met Sterrenag (Perskor)

Daarop volg:

Die Teken van Crux (Tafelberg), ’n jeugverhaal waarmee sy in 1998 die Sanlam-prys vir Jeuglektuur wen.
Liefde en die popster (Camelia 2002; Eerste grootdrukuitgawe LAPA 2005, tweede grootdrukuitgawe 2011)
’n Bruid vir La Fontaine (Camelia 2004; Grootdrukuitgawe LAPA 2004)
Poprosie van die duine (Camelia 2002; Grootdrukuitgawe LAPA 2004)
Huwelik op kontrak (LAPA 2005)
Ompad na liefde (LAPA 2006)
Haar laaste kans (LAPA 2007)
Afspraak op Klippiesbaai (LAPA 2008)
’n Onskuldige meisie (LAPA 2008)
Altyd die verkeerde man (Melodie 2009)
Blinde liefde (Satyn 2013)
Emma se eerste keuse (Satyn 2014)
Spioen vir liefde (Satyn 2015)
Droomman aan boord (Satyn 2016)

Boeke deur hierdie skrywer

Altyd die verkeerde man Altyd die verkeerde man  (ePDF) Altyd die verkeerde man (ePub) Blinde liefde Blinde liefde (ePub)

Skrywerslys

  • Bladsy
  • 1 |
<< | >>