Skrywersfokus |
 |
Helene de Kock
Biografiese inligting
Helene de Kock woon in Pretoria. Sy is getroud met dr. Jos de Kock en hulle het drie kinders, Jaco, Herman en Sylvia. Jaco is ‘n paar jaar gelede oorlede.
Sy het as pastoriedogter grootgeword en het aan die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van Noordwes gestudeer. Sy het onlangs ‘n Meestersgraad in Afrikaans en Nederlands (cum laude) verwerf. Haar skryfwerk dek ‘n wye spektrum van genres. Sy skryf onder andere ook geestelike werk. Sy doen ook joernalistieke werk en skryf resensies vir dagblaaie.
Sy skryf al langer as dertig jaar lank en meer as 40 boeke is gepubliseer. Sy het ook skoolgehou maar skryf tans voltyds en studeer ook verder.
Boeke deur hierdie skrywer |
 |