Wie is Ons

   
 

NB-Uitgewers het in 1998 die Jasmyn-druknaam vir liefdesverhale in die Mills & Boon tradisie begin. En dit was gou duidelik dat dié genre baie gewild is. Teen die einde 2002 het ons intensiewe marknavorsing oor die liefdesverhaal gedoen. Dit was na aanleiding van die resultate en ook die inisiatief en deurlopende ondersteuning van die boekklub Leserskring dat ons in 2003 naas Jasmyn vier bykomende drukname begin het. Dit was veral 'n poging om die nis-lesersgroepe binne hierdie meer gedefinieerde profiel te bereik.

Ouer lesers verkies miskien eerder Melodie, waarbinne skrywers soos Schalkie van Wyk en Elza Rademeyer gehuisves word. Die slagspreuk vir Melodie impliseer 'n meer onskuldige aanslag: "Liefde vir jonk, vir oud, vir altyd" - met ander woorde, leesmateriaal wat geskik is vir tweens sowel as ouer lesers wat moontlik wegskram van 'n meer kontemporêre benadering tot romanse.

Hierteenoor suggereer die sensuele (maar altyd speelse) omslae van Satyn-boeke dadelik aan lesers dat dié verhale effe meer eksplisiet is. Die slagspreuk "Want die hart het ook begeertes" ondersteep die omslagboodskap. Liefdesverhaallesers is inderdaad wêreldwyd vertroud met dié onuitgesproke reël: Hoe meer eksplisiet die foto op die omslag, hoe meer gewaagd die liefdestonele.

Hartklop is weer geskoei op sy Amerikaanse eweknie by Harlequin: dié liefdesverhale het altyd 'n hospitaalmilieu as agtergrond (let op die groen-blou omslagkleur wat dié tema suggereer), en 'n goeie teks word veral gekenmerk aan die skrywer se deeglike mediese navorsing. Daarnaas is Mirre, ons Christelike liefdesverhaal-druknaam, die ideale platform vir bekende skrywers soos Helene de Kock en Maretha Maartens. Hierdie liefdesverhale spreek tot 'n unieke groep lesers wat nie noodwendig ander liefdesverhale lees nie - hulle is dikwels liefhebbers van Francine Rivers se werk. So, hoewel die liefdesverhaaltema nog steeds voorop staan, is 'n onderliggende geloofswêreld 'n belangrike prioriteit vir dié teikenmark.

NB-Uitgewers publiseer verskeie omnibusse per jaar (onder die Jasmyn-, Melodie- en Human en Rousseau-drukname) en minstens twaalf liefdesverhale onder Melodie, Satyn, Hartklop en Mirre.

Lesers kan dus gemaklik elke maand ‘n nuwe omnibus of romanse lees! Ons fokus is altyd op verhale van ‘n hoë gehalte, aantreklike omslae en ‘n lesersvriendelike formaat.
 

Skrywersfokus

Dirna Ackermann

Biografiese inligting

Dirna Ackermann (gebore Liebenberg) het in Windhoek skool gegaan. Sy het aan die einde van haar vyfde jaar op Stellenbosch Universiteit, waar sy biblioteekwese...

Lees meer...

Ons Skrywers

Kliek op die foto vir meer inligting

Oor hierdie skrywer

Madelie Human

As tiener het Madelie se ouma haar altyd goedig daarvan beskuldig dat sy verlief is op die liefde en dit is tot vandag toe inderdaad so. Sy verslind daagliks...

Lees meer...

SPLINTERNUUT

Donna en die droomman | Romance & Sagas

Anita du Preez

Donna Ferguson, kreatiewe direktrise van Buitenkant Produksies, is ’n eenkantmens en ’n realis. Maar wanneer Donna by ’n kunsuitstalling oogkontak maak met ’n...

Lees meer...

Tikkun Ha'olam | Romance & Sagas

Marzanne Leroux-Van der Boon

Twee maande nadat Rivkah na die Fillipyne vertrek het, word sy van die hospitaal ontslaan. Dan word die Tzuk Eitan-grondoffensief afgekondig en Marc word saam...

Lees meer...